TART Remarks

Protesting the generally accepted influence of religion on everyday life

Friday, August 18, 2006

Vol. 1 No. 1 - August 7, 2006

The immediate past saw many theological influences on the psyche of all the world and his wife.
Twee teologiedosente van die NG Kerk, proff. Jurie le Roux en Julian Müller, van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, wat van leerdwaling aangekla is, is op 28 Julie deur ’n kommissie van die Ring van Pretoria-Oos onskuldig bevind.

Die debat oor wetenskap en geloof gedy in die Kaapse media: Die wetenskapredakteur van Die Burger, dr. George Claassen, het Leon Rousseau se boek, Die Groot Avontuur: Wondere Van Die Lewe Op Aarde, op 17 Julie geresenseer. Dit het gelei tot 'n hewige debat op die koerant se brieweblad. Die adjunk-redakteur van Die Burger, dr. Leopold Scholtz, het Sake van die Dag ook aan die tema gewy.

Rapport, sowel as Die Burger het berig oor ‘n 72-jarige predikant van George en ‘n kreasionis van Riversdal wat "Noag se ark" iewers op 'n berg in Armenië gaan soek – op die gesag van navorsing van prof. William Shea, emiritus-hoogleraar aan die Andrews-universiteit in Michigan.

Ek verwys ook na ‘n resensie van Kurt Vonnegut se 1963-novelle Cat's cradle – ‘n persoonlike gunsteling en ‘n boek wat ek weer sal lees as een van die laaste dinge wat ek sou doen as ek net 24 uur het om te leef. (Ek sal ook na John Lennon se Imagine luister.)

Nathan Bond

Contents

Tukkie-teoloë vrygespreek

Die wetenskap- en geloofdebat

Beriggewing in die Afrikaanse pers bevorder goedgelowigheid

Cat's Cradle

An engineer, a physicist, a mathematician, and a theologian...

Click here to order a free copy of
Tart Remarks, Vol. 1 No. 1 – August 7, 2006

0 Comments:

Post a Comment

<< Home